Beweging na sosiale media
Die internet-omgewing het baie verander en ons moet daarby aanpas. Ons huidige model is baie op e-posse geskoei, terwyl alles vandag in sosiale media (Facebook, Instagram, Twitter, ens.) gedoen word. Facebook Groepe is bv. ideaal vir kursusse. Die notas, videos, ens. kan eenvoudig daar geplaas word. Ons moet dus noodwendig meer na Facebook gaan, terwyl ons in ag neem dat nie almal Facebook het nie, en dat ons kapasiteit net soveel toelaat. Terloops, as iemand by ons span wil aansluit as vrywilliger, bv. om daagliks na 'n Facebook-blad om te sien, sal dit baie help! Ons kan bv. ook ons Engelse oordenkings op 'n Facebook groep plaas, maar wil nie nog verantwoordelikhede op ons huidige vrywilligers plaas nie. Olga (wat ons daaglikse voorlesings behartig, skryf gerus in), het juis onlangs soveel las van haar knie gehad dat sy hospitaal toe is, maar tussendeur het sy die opnames gemaak en dit daagliks uitgestuur, dankie daarvoor!
- DAAGLIKSE STILTE SE se Facebook-Blad is hier. Follow dit gerus.
|