Ten slotte
Alhoewel ons oordenkings hierdie week ophou, sal ons op ons Facebook-blaaie oor die vakansie ander inhoud plaas, byvoorbeeld:
- 'n 10 minute boodskap op Geloftedag, maar as jy wil kan jy ook by hierdie skakel daarna kyk.
- Ons kort videoreeks oor Kersfees wat ons altyd oor hierdie tyd bekendmaak. Sommige Christene wonder oor Kersdag, die Kersboom en die oorsprong van sommige tradisies.
Kliek hier om ons Facebook-Blad te volg.
HEEL ten slotte: dankie dat jy hierdie jaar met ons saamgestap het! Dit was weereens 'n voorreg om die geestelike pad met jou te mag deel. Elke briefie, elke gebed en alle ondersteuning is baie waardeer. Ons doen hierdie werk al 23 jaar en prys die Here - bo alles - vir sy groot getrouheid en liefde.
Mag jy 'n wonderlike, vreugdevolle en Godgevulde Kerstyd geniet! Beste wense en baie seën!
Jimi en Maryke
|