DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
NOVEMBER 2020

Nog 'n maand!

Ek beskou November as die skamer suster van Desember. Desember vang die shine, natuurlik, as regte partytjie-meisie, maar November het dalk meer substans: sy's rustiger en dieper, minder uitputtend! Jammer baie kyk haar verby, haha... 

Die blou pad

Ek het 'n nuwe skermprent (rekenaar wallpaper) gemaak, en hierdie keer gaan dit oor ons kursusse. Ek het net die grafika gebruik wat ons gewoonlik vir ons kursusse gebruik. Dit lyk nou so - ek hou daarvan!

Laai gerus die skermprent vir jou rekenaar af en installeer dit in 'n minuut, die skakel is hier. Baie dankie! Dit help ons om ons bediening 'n bietjie bekend te maak. Onthou, ons kursusse is praktiese toerusting oor die geestelike lewe en help jou om jou verhouding met God te verdiep. Dis besonder billik en is ook die manier waarop ons bediening befonds word. Hier is 'n paar skakels wat jou meer inligting kan gee:

  • Die belangrike, basiese inligting oor ons kursusse: kliek hier
  • 'n Oorsig oor ons vele kursusse en programme: kliek hier
  • Die kort video waarin ek verduidelik hoe dit werk: kliek hier

Kort nuus

1. Kyk gerus hoe ons ons webruimte aangepas het. Dit is nou moderner en kleurvoller. Ek het ook gevoel die volk hoef nie langer in my gesig vas te kyk nie, dis net nie regverdig nie, haha. Hoop jy hou daarvan, al ons materiaal, bv. ons besigheidskaartjies en signatures sal nou hierdie tema aanneem. 

2. Ek het weer my beradingsbediening opgeneem en sien mense op Dinsdag-middae by Willowbridge, Durbanville, Kaapstad. Ons doen berading, veral huweliksberaad, asook persoonlike begeleiding. Kontak my gerus vir meer besonderhede.

Dis genoeg vir vandag. Bid vir ons, asseblief. Bid ook vir ons land. Dis asof emosies net handuit ruk. Bid oor hoe jy as kind van God betrokke moet raak. 

Baie dankie vir jou saamstap en baie seën!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite