DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
JULIE 2020

Hallo daar!

Dis middel van die winter en steeds bitter koud. Die berge om ons het weer sneeu op die toppe. Nogtans is ons bly vir die goeie reëns en sien daarna uit dat die Kaap se damme aansienlik voller word. Die skrik van die droogte is nog steeds in ons...

Nuwe boek...
Die groot nuus hierdie maand is dat ek deelgeneem het aan nog 'n mansboek deur Carpe Diem. MANSGENOEG gee 100 aanhalings met telkens 'n kort bespreking en toepassing daarby. Hierdie aanhalings bied belangrike wysheid wat mans gebruik om hulle keuses te maak, hulle verhoudings te bestuur of hulle doelwitte te stel. Baie prakties en baie leesbaar vir mans! Dis ook 'n ideale geskenk vir die man in jou lewe (nooit te vroeg om vir Kersfees te koop nie, né) en kan bestel word deur hier te kliek.

Dan nog hierdie nuus

Ek het intussen klaar geskryf aan ons huidige reeks, NAAM BO ALLE NAME. Ons het al die Hebreeuse name en titels van God die Vader bespreek uit die Ou Testament (by die 150), wat ook beelde en metafore ingesluit het. Daarna het ons na die Messias beweeg en die name en beelde van Jesus Christus uit die Nuwe Testament gedoen. Ten slotte het ons die name en beelde vir die Heilige Gees gedoen, waarmee ons tans besig is. Uiteindelik het ons meer as 300 name van God regdeur die Bybel bespreek! Dalk kan hierdie reeks as 'n boek verskyn (CoVid19 het ook die publikasie-bedryf geraak), maar intussen kan ek vermeld dat dieselfde name ook in ons kursus met dieselfde titel, Naam bo alle name, opgeneem is en bespreek word. Om meer oor hierdie oulike en billike kursus te lees, kliek hier. Ons splinternuwe reeks dagstukkies begin op 1 Oktober.

Die meeste kursuslede ontvang tans "die tweede helfte", 'n reeks waaroor ek meer opgewonde raak soos ek daaraan skryf. My navorsing bring soveel interessante en belangrike inligting na vore! Hierdie reeks belig en bespreek elke aspek van die middeljare, aftrede en die "goue seisoene" van die lewe. Hierdie tyd kan vreeslik vervullend en bevredigend wees, veral as ons dit intensioneel aanpak. Vir meer inligting oor hierdie kursus, kliek hier.

Nou ja, dis genoeg vir vandag. Dankie vir elke Padlangs vriend en -vennoot, wat ons seën met die voorreg om die geestelike pad met hulle te mag deel. Mag die Here jou ryklik daarvoor terug-seën!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite