DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
MEI 2020

Groete, Padlangs vriend!
Hoe minder ek oor die lockdown sê, hoe beter! My eerste kleinkind is laas Donderdag gebore, vyf minute van my af, maar teen die koers waarmee ons tans beweeg, sal ons haar in Augustus kan sien. Letterlik! Ek het dus al oorweeg om my eie Levels uit te vaardig, want die staat s’n werk nie vir my nie... :-) Wat meer opheffende temas betref, die volgende:

Pragtige prent!
Ek het weer ‘n skerm-prent gemaak vir jou rekenaar
(wallpaper). Dis ‘n pragtige bos rose, in mooi moderne kleure. Dit lyk soos die prent hierbo - mooi, né? Laai dit in ‘n minuut af op jou rekenaar: kliek hier. Mans kan dit ook maar aflaai, né. Ek het!

Openbaring - aanlyn klas

Ons begin oor ‘n week (25 Mei) met ‘n aanlyn-klas oor Openbaring. Ons gebruik ons kursus, Openbaring - ‘n Ope Boek, as materiaal. Die kursus werk hoofstuk vir hoofstuk deur die laaste boek van die Bybel. Die boek self sal vir jou oopval en jy sal ook ‘n mooi oorsig kry oor die Bybelse eindtyd-verwagting. Ons ontmoet

weekliks op Zoom, wat eintlik net behels dat jy na hulle website gaan en daar aanteken. Dis baie maklik. Daar is ook ‘n video oor elke hoofstuk, en dan natuurlik die materiaal. As jy belangstel, is jy baie welkom om aan te sluit, laat weet gerus!  Moet egter nie te lank wag nie, asseblief, want soos gesê begin ons oor ‘n week. Meer besonderhede is hieronder:

  • Vir die besonderhede oor ons aanlyn-klas, kliek hier
  • Vir meer inligting oor Openbaring, ‘n Ope Boek, kliek hier

Woon jy oorsee?

Die wisselkoers werk tans teen ons, omdat ons webruimte en posdiens in Dollar betaal word. Dit is veel duurder as toe ons begin het! Die ander kant van die saak is egter dat ‘n bydrae aan ons in Dollar (of Pond of Euro) tans in Rand baie werd is. Dit kos tans omtrent R18.50 om ‘n Dollar te koop, wat beteken dat ‘n donasie van $10 by ons R185 werd is. Daar is ‘n fasiliteit op ons webruimte om ‘n onmiddellike kredietkaart betaling te maak, wat van enige plek ter wêreld gebruik kan word. Maak gerus daarvan gebruik (kliek hier) of kontak ons vir meer besonderhede.

Dis al vir nou. Sterkte oor hierdie tyd! Maak maar die beste daarvan. Onthou ons video in die verband (op hierdie blad), as die inperking jou mismoedig maak. Ek het ook gepreek oor hierdie tyd as ‘n oorgangstyd (of "liminale tyd"). Kyk maar Sondag, as jy nie by jou kerk ingeskakel is nie (kliek hier)!

Mag die Here jou seën en bewaar!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite