Ander nuus
1. Woensdag, 17 Februarie, is "Aswoensdag", wanneer Lydenstyd (Lent) begin. Ek neem ook elke jaar deel aan die Vas - kliek hier om meer daaroor te lees. Dit hou vir my telkens groot betekenis in. Op Facebook sal ons daagliks - vir die 40 dae tot by Paasfees - 'n Lydenstyd-gedagte deel. Follow gerus ons Facebook-blad, dan kan jy ook hierdie reis meemaak!
2. Ons prys die Here elke maand vir sy voorsiening! Deur die hele inperking, en die insinking wat dit meegebring het, kon ons steeds ons verpligtinge nakom. Ons inkomste het egter wel afgeneem, wat ons noop om net weer te noem dat ons in 'n geloofsbediening staan. Die wyse waarop die meeste mesne ons bediening ondersteun, is deur een van ons praktiese geestelike kursusse te bestel. Op dié manier vra ons nie net nie, maar gee ook. Jou ondersteuning - hoe ook al - word baie waardeer!
- Om deur ons vele kursusse te kyk, kliek hier
- Om meer te lees oor ons inkomste en bydraes, kliek hier
|