DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Maandelikse Nuus
FEBRUARIE 2019

Hallo vriend – middel Februarie en dis warm! Groot dele van die land kry goeie reën – so dankbaar vir julle – maar in die Kaap is dit natuurlik nie reënseisoen nie en in ander dele bly dit bitter droog. Ons moet noodwendig aanpas by ‘n droër klimaat en ook alles doen om te keer dat dit veel erger word. Kyk tog na "GroenGeestelik" (kliek hier). In elk geval, klaar met die weer, nou net ‘n paar nuushooftrekke en ‘n advertensie of twee... :-)

Nuwe skermprent!

Eerstens die blye nuus dat daar weer ‘n mooi skermprent beskikbaar is. Dis ‘n herfstoneel (ek verlang al na die koeler dae) en kan in ‘n japtrap afgelaai word vir jou rekenaarskermkliek hier. DIs die een hierbo - mooi, né?

Einde van die reis

Jy het dalk agtergekom dat ons reeks dagstukkies nou begin ernstig raak. Ons oordenkings is in elk geval vaste spys, maar ons reis van dissipelskap kom binnekort tot ‘n einde. Nog net enkele weke, dan is 

“Volg My” klaar.  Alle kursusse oor dissipelskap eindig slegs op een plek en dit is by die kruis. Ja, uiteindelik is dissipelskap om my eie lewe vir Syne te verruil – "volle oorgawe". Ja, dis diep temas en uitdagend in ‘n wêreld wat om ONS en ons behoeftes draai! Ek hoop jy kan hierdie laaste weke erns maak daarmee. Kliek hier om meer oor hierdie reeks te lees, wat gebaseer is op ons mees populêre kursus.

Dan net enkele kleiner items:

  • Padlangs Bediening word deur sy lesers gedra. Van ons kant weer, wil ons vir bydraers dankie sê vir hulle ondersteuning deur vir hulle ‘n weeklikse kursusdeel te stuur. Dis maar soos ons kursusse werk. Daar is ‘n bietjie reëls betrokke – kliek hier vir meer inligting – maar op die wyse sorg die Here al vir ons vir byna tien jaar. Is dit nie wonderlik nie?
  • Ek het fantastiese nuus gehad van Sua by CUM, naamlik dat ons nuutste boek, Hou vas aan die Hoop (oor die Psalms) in Duits vertaal gaan word. Dit was op die Frankfurtse Boekeskou en ‘n uitgewer daar het dit opgetel. Watter voorreg! Lees gerus meer oor hierdie boek: kliek hier. Ek sê steeds ek sal nooit iets beter kan skryf nie!
  • Ons huidige "vlagskip"-kursus, "Leef deur die Gees", doen baie goed. Dit behels tans ‘n kort “profetiese kursus”. Geïnteresseerd? Kliek hier om meer hieroor te lees.
  • Onthou tog dat jy ook na ons oordenkings kan luister op WhatsApp. Kliek hier om uit te vind hoe om in te skryf.

Nou ja, dis genoeg. DANKIE dat ons die geestelike pad saam mag stap! DANKIE dat ons inspraak mag hê in jou lewe en DANKIE vir elke gebed en briefie, en elke bydrae wat so getrou inkom. Elke maand prys ons die Here opnuut vir sy goedheid.

Mag HY jou ook ryklik seën en laat weet hoe dit gaan!

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 610, Somerset Mall, 7137, Cape Town
South Africa

facebook linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite