DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
JUNIE 2019

Hallo daar!

Mnr. de Jager, wat vir ons Skeinat gegee het, het die week se toets gewoonlik vir ons op die skerm gegooi. Die truprojektor het weerskante twee rolle met transparant-film gehad, wat vol notas en toetse geskryf was. As hy die woorde dan so oor die skerm laat rol, om by ons toets uit te kom, het hy altyd gesê: "So rol jou lewe by jou verby!" Inderdaad, dit is 40 jaar later! Maar ja, as ek omtrent elke tweede week (voel dit) weer 'n maandelikse brief skryf, voel dit of my lewe so by my verbyrol. Ai, ek het natuurlik geen idee gehad hoe my lewe sou verloop nie, né. Ek het op die onwaarskynlikste plekke gewoon en die interessantste dinge gedoen. Ek was uiteindelik - en is steeds - baie geseënd. Uitdagings ook gehad, natuurlik, sommige onoorkombaar, mislukkings vele, teleurstellings, verleenthede. Maar ja - hoe anders? Terug by ons nuusbrief...

Staan op, staan vas, staan uit!

Ek het saamgeskryf aan 'n boek vir manne! Dit bevat 77 kort en praktiese boodskappe vir mans, oor integriteit, leierskap, manwees, priester-wees. Dis 'n ideale geskenk - selfs ná Vadersdag! Baie billik, ware waarde! Vir meer inligting hoe om die oulik boek te bekom, kliek hier.

SnapScan

Ek sien nou die dag 'n kerk projekteer hulle SnapScan-kode op die skerm tydens die kollekte. Mense kan hulle selfoon daarop rig en 'n bedrag oorbetaal nog lank voor die kollektebord by hulle uitkom! Dis innoverend en verskil in geen opsig van die ou manier van "kollekte opneem" nie. Ek noem dit omdat ons natuurlik self Snapscan het - al jare lank. Ons gebruik dit egter nie optimaal nie. Die kode is hierlangsaan. As jy dus SnapScan het, en ons wil ondersteun, kan jy dit binne sekondes doen! Kry gerus SnapScan, dis vreeslik nuttig. Laai die app op jou selfoon af en stel dit op - binne 'n paar minute. Betaal dan met jou selfoon, geen kaart, geen kontant! Vir meer inligting oor bydraes en ondersteuning, asook SnapScan as 'n app, kliek hier. Baie dankie!

Dan, net kortliks:

  • Ons oordenkings - uit "Hou vas aan die Hoop" - verskyn nou gereeld op Maroela Media se webruimte. Dankie, julle!
  • Onthou tog om ons te laat weet as jy nie meer jou oordenkings kry nie. Ons het nog ander lyste ook, ander planne... Dit help veral as jy ons adres in jou Contacts sit, of dit as Safe Sender stel. Meer inligting hieroor is hier.
  • Ons het fantastiese kursusse! Wil jy deur die hele Bybel werk, op ander maniere leer bid, Jesus in sy leefwêreld verstaan, leiersopleiding doen, 'n kleingroep lei, berading doen? Ons het al hierdie dinge en vele meer! Ons kursusse is die hart van ons bediening. Dit gaan weekliks aan diegene wat ons bediening ondersteun met R150 of meer. Vir meer inligting oor ons kursusse, kliek hier.

Nou ja, dis weereens al. Dankie aan elke vriend en vennoot - watter voorreg om saam met julle die pad van die Here te loop! Skryf gerus vir ons.

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 233, Kuilsrivier, 7580, Western Cape.
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite