DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
JANUARIE 2020

'n Nuwe jaar bring nuwe moontlikhede, 'n nuwe begin, nuwe hoop! In my eie gebedslewe noem ek 2020 'n 'Jaar van Genade'. Mag hierdie jaar nuwe dinge vir jou bring en bowenal oorloop van die Here se genade! Laat ek net 'n nota aan myself maak om 'n kursus saam te stel oor wat genade vir ons prakties beteken... Onthou, met die Here is alle dinge moontlik - gaan die jaar in met groot geloof!

Dis nou tien jaar

Ja, dis nou presies tien jaar dat ons uit Johannesburg terug getrek het Kaap toe om voltyds met Padlangs te begin werk. Wonderlike dinge het op ons geloofspad gebeur: sonder salaris en sonder sekerheid het die Here elke maand vir ons gesorg. Ons kon nog altyd ons uitgawes dek, ons kon selfs ons kinders laat leer en selfs 'n Padlangs-toer na Israel aanbied. Baie hiervan was op regtig verrassende wyse. Ons het geleer en gegroei, kursusse aangebied, boeke en artikels gepubliseer, 'n weeklikse radio-insetsel behartig en baie, baie mense bemoedig, begelei en beraad. Ons het vir tallose mense gebid en baie getuienisse ontvang van seën en antwoord. Dit was tien wonderlike jare, waarvoor ons die Here net kan dank. 'n Groot dankie ook aan staatmaker-ondersteuners wat eenvoudig langs ons kom staan het en die talle vennote oor die jare wat op groter of kleiner wyse bydraes

gemaak het. Dankie ook vir die vele gebede, seënwense en briefies van bemoediging, waarvan ons nou weer 'n aantal ontvang het. Prys die Here! 

  • Kliek hier om te sien hoe 'n jeugdige Jimi hulle planne tien jaar terug aankondig!

Dan, kortliks die volgende
1. Baie welkom aan die meer as 100 (tot op hede) nuwe lede wat in Januarie aangesluit het. Ons vertrou dat ons 'n mooi pad sal kan saamstap.
2. Ons nuwe kursus, WIE HY SÊ, het pas begin, maar jy kan nog enige-tyd aansluit. Dit gaan oor wie God sê jy is - 

jou identiteit. Kliek hier vir meer inligting oor wat dit behels (en die eerste, gratis dele) en kliek hier om die kort video te sien waarin ek bietjie meer hieroor verduidelik. Ja, doen hierdie jaar 'n geestelike kursus! Dis so verrykend en verg so min.
3. Ons webruimte het intussen 'n 'facelift' gekry. Uit met die maroen en in met varser geel en blou! Kliek gerus hier om dit te bekyk. Kyk sommer daar na inligting oor wie ons is en wat ons doen.
4. Ons gaan voort met ons huidige reeks oordenkings, Naam bo alle name. Ons is tans besig met die name van Christus en meer spesifiek kyk ons wat die term christos (="messias") alles beteken. Kliek hier om meer oor hierdie reeks te lees.
5. Onthou dat ons oordenkings ook in keurige Engels verskyn. Kliek hier vir meer inligting of om in te skryf op By the Way.

Nou ja, dis genoeg. Ons beplan heelwat nuwe dinge vir die jaar, maar sal dit mettertyd bekend maak. Baie dankie vir die voorreg om die geestelike pad saam te stap! Ons probeer altyd om betroubare en standvastige mede-reisigers wees. 

Beste wense!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite