DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
FEBRUARIE 2020

Hallo weereens!
Eerstens net weer 'n groot welkom aan diegene wat die laaste maand by ons aangesluit het. Ons onlangse advertensie op Facebook het meer as 'n duisend Likes ontlok, voorwaar 'n nuwe rekord! In elk geval, in ons oordenkings is ons besig met die Name van die Here en is al 'n entjie weg. Ons werk op die oomblik deur die Name van Christus, tans die Naam Logos. Dan is daar net die volgende sake van belang hierdie maand:

Gratis kursusse
Ons is besig om ons kursus-bediening op te gradeer en te herbelyn.
Ons wil alles in een groot struktuur sit en ons kursusse een vir een verbeter en oor uitlê. Ons kursusse word deesdae almal

dwars aangebied vir maklike lees op die skerm. Vir vandag net eers die volgende: Geestelike Vorming is ons basiese kursus. Dit behels 'n fondasie vir die hele geestelike lewe, prakties aangebied, vol insigte en oefeninge. Honderde mense het hierdie kursus al gevolg! Ons lê dit ook nou nuut uit en bied die eerste vyf gratis aan, sodat jy kan sien hoe ons kursusse werk. Reply net met "ja", of "Geestelike Vorming" en ons sal vir die volgende vyf weke vir jou die reeks begin aanstuur. Die eerste vyf hoort in elk geval bymekaar en is insigself 'n mini-kursus van wat 'n verhouding met God prakties behels. Daarna kan jy self besluit of jy dit verder wil ontvang of nie. Daar is geen verpligting nie en as ons dan niks van jou hoor nie, sal jy niks ontvang nie.

  • As jy meer wil lees oor hoe ons kursusse werk, kliek hier
  • As jy meer wil lees oor die kursus, Geestelike Vorming, kliek hier
  • As jy wil kyk na 'n kort video waarin ek verduidelik wat ons kursusse behels, kliek hier

Ten slotte
1. Onthou dat ons ook bydraes per Snapscan ontvang. Ons het die sisteem verbeter sodat jy nou jou naam en van as verwysing kan byvoeg. Snapscan is so gerieflik want dit vra net jou selfoon en omtrent 20 sekondes! Om meer te lees oor hierdie maklike manier van betaal, wat jy op duisende plekke in SA kan gebruik, kliek hier
2. Ons benodig nog 'n volunteer. Dit moet iemand wees wat MS Publisher en MS Word kan gebruik. Jy kan op jou eie tyd aan ons kursusse werk. Dit behels net basiese uitleg-werk. Laat weet asb. of jy kan help!

Dit is al vir hierdie keer. Baie dankie aan elkeen wat op watter wyse ook al by ons bediening betrokke is, dis so wonderlik om kontak te hê met soveel opregte kinders van die Here. Ons gesels graag saam en bid graag saam. Skryf gerus! 

Alle eer kom te alle tye aan die Here toe! 

Beste wense!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite