Vrywilligers (en: het jy dalk tyd?)
Ons bediening het die voorreg van 'n span vrywilligers wat wesenlike en waardevolle diens lewer om ons oordenkings en kursusse op te stel en uit te stuur. 'n Groot, groot dankie aan Olga, Wykus, Edward en Wildré vir dit wat hulle doen, en Maryke wat ons admin behartig! Daar is ook ander wat tans tydelike werk vir ons doen. Julle daaglikse of weeklikse moeite, en veral julle gesindheid, word geweldig waardeer - mag die Here julle ryklik seën!
Dit laat my egter vra: het jy dalk tyd? Ons benodig mense met rekenaarvaardigheid wat ons kan help om kursusse uit te lê, ander rekenaartake te doen of teks te redigeer. Dis nie baie tegniese werk nie, maar dis dinge waarby ons nie sonder hulp kan uitkom nie. As jy 'n paar uur per week het en moontlik kan help, kan jy die meer spesifieke take hier lees: kliek hier.
|