DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
OKTOBER 2020

Hallo daar!

O jong, binne 'n week of twee begin die winkels hulle kersversierings uithang, en teen einde November is almal al hartlik sat van Jingle Bells en ander krismisrigge deuntjies. Die jaar lê al amper op sy rug, soos die mense sê, maar wie weet, dalk is dit ook maar goed. Wat 'n jaar! 

"Staan Sterk"

Ons huidige reeks, 'Die Tweede Helfte', is verby. Ons het onder sestien temas gekyk na die veranderinge wat in die tweede helfte van die lewe vir ons wag en hoe om sinvol daarmee om te gaan. Onthou, jy kan dit steeds enige tyd doen! Vir die nege weke wat oor is tot wanneer ons sluit, doen ons STAAN STERK, 'n inleiding in geestelike oorlogvoering. Ons fokus is op Efes. 6 se "wapenrusting" en ons bespreek die wapenstukke een vir een en wat dit beteken. Ons materiaal is kort, kragtig en prakties. Ja, hoe hanteer ons die vyand se aanval in die alledaagse lewe? Kyk gerus na die inhoud: kliek hier.

Aanlyn-klas

Ons wil voortgaan met ons gewoonte om Maandagaande 'n aanlyn-klas (via Zoom) te hou om die kursusmateriaal te bespreek. Enige-een wat die kursus ontvang kan die klas bywoon. Ons afgelope kursus oor Openbaring het gewys dat heelwat verdere waarde op die manier toegevoeg word. Ons sal dus op die 26ste Oktober ons aanlyn-klasse (oor Staan Sterk) hervat. Vir meer inligting oor ons Zoom-klasse, kliek hier. Jy hoef natuurlik nie die aanlyn-klas by te woon nie, dis heeltemal opsioneel.

Kort nuus

  • Ek wil my energie beter fokus en het nou 'n paar dinge neergelê, bv. die weeklikse radio-gesprek wat ek die laaste 10 jaar behartig het, asook my rol by die kweekskool. Dit was baie sinvol, maar ek wil nou op ander dinge fokus. Daar is ook nog veranderinge wat ek wil aanbring, maar ek bid nog daaroor.
  • Ek wil o.a. meer persoonlik met mense skakel en wil weer my beradingsbediening opneem. Ek sal dus mense sien, voorlopig op Dinsdae by Willowbridge, Durbanville, vir berading of begeleiding. Ek is gekwalifiseerd in huweliksberaad, persoonlike beraad en lewensbegeleiding en het ook lank berading gedoseer.  Kontak my gerus vir meer besonderhede.  

Vir ons was hierdie jaar ook baie op en af, maar tussendeur alles wat gebeur het was daar soveel genade van die Here af! Ek het op 1 Januarie vanjaar in my hart gevoel die Here sê 'n Jaar van Genade - soos ek al gesê het - en dit was inderdaad genade op genade!

Baie dankie vir elke liewe vriend en vennoot, vir die voorreg om die geestelike pad te mag saamstap.
Ons waardeer dit altyd so om deur die vele briefies en gebed en begeleiding by mense betrokke te wees. Niks is kosbaarder as 'n mens se hart nie.

Alles van die beste en baie seën!

Jimi en Maryke


Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite