DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Maandelikse Nuus
JANUARIE 2019

‘n Nuwe jaar begin! Die Here het dit op my hart gelê dat ons 2019 met ‘n sterk HOOP en 'n GROOT verwagting moet leef. Jy moet weet dat daar GEEN rede is waarom hierdie nie vir jou ‘n wonderlike, geseënde en goeie jaar kan wees nie! Neem dit so by die Here.

Welkom, nuwe lede!

Laat ons eerstens al die nuwe lede wat op ons oordenkings ingeskryf het, verwelkom. Dis lekker om julle ook op die lys te hê! Ons is tans redelik aan die einde van ‘n dissipelskaps-reeks – dit maak klaar op 9 Maart – en ons temas gaan nou oor oorgawe aan God en so aan. Elke oordenking staan darem ook op sy eie voete. As jy meer wil lees oor hierdie reeks, kliek hier. (Dit bestaan ook in kursusformaat: kliek hier). Onthou, jy kan enige tyd antwoord op enige van ons oordenkings. Ons luister, ons gee raad (as ons kan), ons gesels saam, ons bid saam – dis ons bediening!

Leef deur die Gees

Ons nuwe kursus, Leef deur die Gees, begin hierdie week. In hierdie kursus, in 20 dele, leer ons die praktyke van ‘n Geesvervulde lewe. Die eerste helfte fokus ons op die gawe van profesie – maar as die gedagte vir jou vreemd is moet jy na my video in die verband kyk – en die tweede helfte oor vrugdra en jou spesifieke gawe, bediening en roeping. Jip, ons word almal geroep vir iets, maar die mooi van die Here se roeping is dat daardie iets ook dit is wat ek KAN en WIL doen. Om meer oor hierdie kursus te lees, kliek hier.

Het jy nog nie een van ons kursusse gedoen nie? 

Ons kort en kragtige kursusse help jou geestelik groei op allerhande praktiese maniere. Kies uit tientalle en leer meer oor geestelike groei, gebed, die Woord, verhoudings, leierskap, bediening en vele meer. Ons kursusse is die HART van ons bediening en word weekliks uitgestuur aan diegene wat ons bediening ondersteun met R150 p.m. of meer. Dit behels bloot Bybelstudies – daar’s geen huiswerk nie. Doen hierdie jaar ‘n kursus! Kliek hier vir meer inligting.

Ten slotte

1) Terwyl ons nou daarvan praat: ons het nou – na agt jaar – die bydrae (om ‘n kursus te ontvang) verhoog van R120 na R150 p.m. Dit geld net vir nuwe bydraers. As jy natuurlik voel om jou bestaande R120 aan te pas, sal dit welkom wees! Vir al ons bestaande vennote (sommige gee soveel meer) sê ons weereens ‘n GROOT DANKIE – ons het sulke wonderlik getroue en liefdevolle ondersteuners waarvoor ons die Here net kan prys. Julle word SO waardeer!

2) Onthou, ons oordenkings is ook in klankformaat op WhatsApp beskikbaar, om elke dag na te luister. Vroeg-vroeg word dit na jou selfoon gestuur - baie lekker vir die motor! Om dit te ontvang, kliek hier.

3) Ons vra weereens dat jy ons besonderhede in jou Contacts sit, onder die adres info@jimileroux.com (hierdie brief kom van ‘n ander adres). Dit sal verhoed dat ons pos in jou JunkMail Folder beland.

Dankie dat ons die geestelike pad saam mag stap – dis so ‘n seën en ‘n voorreg! 

Mag dit baie goed gaan.

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 610, Somerset Mall, 7137, Cape Town
South Africa

facebook linkedin wordpress

You received this email because you signed up on our website or made a purchase from us.

Unsubscribe
MailerLite