1. Het jy al deur ons nuwe webruimte geblaai? Dit lyk ook pragtig van die selfoon af. Ek sluit 'n paar skakels in om jou te prikkel:
- Ons nuwe webruimte is hier.
- Hoe jou oordenking deel kan wees van 'n volwaardige en sinvolle stiltyd: hier.
- Kyk rustig deur al ons inspirerende kursusse: hier.
- Lees oor die agtergrond van Padlangs Bediening en hoe ons tot hier gekom het: hier.
2. Ons sluit die 15de Desember en ry die jaar uit met ons dagstukkie-reeks, WIE IS EK?, en ons kursus LEEF DIEPER. Ons gaan vanaf die 8ste Januarie voort met dieselfde reeks oordenkings, maar begin met 'n splinternuwe kursus.
3. Daar is maandelikse bydraes wat ons nie kan plaas nie. Die verwysing sluit nie die naam in nie, en dit kan wees dat mense nie langer ons kursusse kry nie, maar tog daarvoor bydraes maak. Laat ons weet as dit jy is, en maak asb. seker dat ons die bydrae by die regte persoon kan sit - baie dankie!
|