DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
MEI 2019

Hallo daar, vriend!

Dit is binnekort Pinkster. Pinkstertyd is die tien dae tussen Hemelvaart en Pinkstersondag. Dit herinner ons om die werking van die Heilige Gees in ons lewe te soek. In die verband kan ek nog 'n keer verwys na ons kursus, Leef deur die Gees. Dit leer jou hoe om die stem van die Here te hoor (en oor te dra), hoe om deur die Gees se krag met jou gawe diensbaar te wees, en vele meer! Kliek hier vir meer inligting. Onthou, jy kan enige tyd inskryf vir enige van ons kursusse. Ek wil hierdie maand egter ons núwe kursus bekendstel:

Geesplan

Volgende week, op die 28ste, begin ons met 'n baie opwindende nuwe kursus, Geesplan. Geesplan is anders as feitlik al ons gewone kursusse, wat eintlik maar studies, of Bybelstudies, oor spesifieke temas is.

Geesplan is egter eerder persoonlike geestelike begeleiding. Oor vyftien weke gaan ons kyk wie JY is, waar JY nou is in jou lewe asook geestelik, waartoe JY geroep word deur God en hoe JY daar kan kom. Daar sal dus weekliks 'n bekendstelling wees en dan oefeninge wat jy kan deurwerk om die bg. vrae te beantwoord. Jy sal ook die keuse hê om dit "begeleid" te doen, waarin jy jou antwoorde kan terugstuur sodat ons daaroor kan praat. Sien jy - dis begeleiding, mentorskap, en dis 100% persoonlik. O, ek sien uit hierna! Vir meer inligting asook die eerste, gratis dele, kliek hier.

Kortliks

  • Daaglikse Stilte is nou ook op Twitter, maar dit het pas begin en daar is nog min followers. As jy self tweet, vind asb. Daaglikse Stilte op Twitter en follow dit. Dan ontvang jy natuurlik ons dagstukkie daar. Retweet dit sommer 'n bietjie, dan kan dit versprei...
  • Kan jy glo dat ons in hierdie maand ons 4000ste dagstukkie uitstuur? Elkeen was uniek - geeneen is al herhaal nie, alhoewel mens natuurlik dieselfde temas weer dek. Kan ek jou vir 'n "geskenkie" vra? Skryf asb. vir ons 'n kort review - 'n enkele sinnetjie (of twee) waarmee jy Daaglikse Stilte (vroeër Padlangs Oordenkings) kan aanbeveel. Ons kan dit dan gebruik om ons oordenkings bekend te maak. Reply sommer op hierdie nuusbrief daarmee. Waardeer dit so, dankie!!
  • Ek prys die Here ook vir groei in ons spannetjie: op die oomblik is daar vyf mense wat met ons oordenkings werk. Ons sal hulle nog bekendstel, as hul daarvoor te vinde is!

Nou ja, dis dit vir hierdie maand. Ek is so dankbaar en geseënd vir die voorreg om voltyds vir die Here te mag werk op hierdie manier. Dis al 18 jaar dat ons hiermee besig is, waarvan die laaste nege jaar voltyds was. Dis so wonderlik om daagliks lering te gee, briefies te antwoord en saam met mense te bid vir hulle behoeftes. Jy is altyd welkom om aan ons te skryf!

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 610, Somerset Mall, 7137, Cape Town
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite