Ten slotte
1. Ek het weer saam geskryf aan ‘n boek, MANS GENOEG 2. Dis ‘n opvolg op die vorige MANS GENOEG en gaan hierdie keer oor die geloof en waardes wat ‘n pa aan sy seun wil oordra. ‘n Goeie geskenk! Kliek op hierdie skakel om dit by Carpe Diem se Goedvoel-winkel te bestel, nou teen 50% afslag!
2. Ons Geestelike Vorming-Skool het onlangs begin en jy kan steeds daarby aansluit. Dis ‘n sistematiese program oor wat ‘n verhouding met God behels en sluit notas, video’s en ‘n aanlyn-klas in. Sluit by hierdie Facebook groep aan as jy gereeld die inligting wil ontvang.
3. Behalwe ons e-pos lys en Facebook, is daar nog twee maniere om ons dagstukkies te bekom:
- Ons oudio-dagstukkies per WhatsApp, voorgelees deur Olga Maartens. Kliek op hierdie skakel van jou foon af om by die groep aan te sluit. Luister sommer daarna in die motor!
- Ons Engelse dagstukkies word ook per e-pos uitgestuur. Kliek op hierdie skakel om op die lys te kom, en versprei ook die woord aan jou Engelse vriende.
Dis al vir hierdie keer. BAIE DANKIE aan elke vriend en vennoot van ons bediening, en vir elke briefie en alle ondersteuning. Dis lekker om saam met julle te werk. Waardeer dit so baie...
Bly warm, bly veilig en bly onder die seën van die Here!
Jimi en Maryke
|