DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
APRIL 2019

O, die jaar stap aan - en my lewe, ai!

April beteken Paasfees, wat slegs een week weg is. Ons is dus ook byna aan die einde van ons Lydenstyd-reis, wat deur Skriflesing en gebed gevolg is deur honderde lesers op Facebook (kliek hier). Dit was weereens ‘n voorreg om saam te vas (ek vermy sekere kos-items gedurende die week), te bid en te gee. Dis vir my altyd vrugbaar en betekenisvol! Dalk wil jy volgende jaar ook deelneem – kliek hier om meer daaroor te lees. Nog iets: daar is in dié tyd altyd mense wat beweer dat Paasfees eintlik 'n heidense fees is. Dis glad nie waar nie. Ek sit dit duidelik uiteen by hierdie skakel.

Dit gaan goed met ons nuwe reeks!

Naam bo alle name is baie populêr. Ek ontvang baie briefies – dankie! Dis nogal uitdagend om elke Naam van die Here na te gaan en ‘n dagstukkie daarvan te maak, maar ek is opgewonde en geniet dit. Hierdie reeks is ook gebaseer op een van ons kursusse – kliek hier, jy kan daarop inskryf en dan sommer vooruit sien waarheen ons gaan. Onthou ook, jy kan te enige tyd op ‘n dagstukkie reageer met ‘n kommentaar, vraag of ‘n gebedsversoek. Ons antwoord binne ‘n dag of twee.

Leef deur die Gees

Ons “vlagskip-kursus” van die oomblik, Leef deur die Gees, is nou in sy tweede helfte. Ons het eers gefokus op die profetiese vermoë, waarmee die meeste van ons kan groei, maar nou is dit meer ‘n “gawe-kursus”. Ons maak dit heeltemal persoonlik – gawes is immers totaal uniek. Jy kan enige tyd nog inskryf – ek is regtig trots op hierdie kursus, vorm en inhoud. Kliek hier vir die besonderhede.

Daaglikse Stilte op Twitter

Ons voeg nog ‘n platform by! ‘n Skakel na ons oordenking word daagliks na jou Twittervoer gestuur - as jy ‘n tweep is. "Follow" gerus “Daaglikse Stilte” vanaf jou Twitter-blad of gaan na https://twitter.com/DaaglikseS. Ons het so pas begin maar die Twitterverse is groot. Ek bid vir hierdie nuwe stap!

Nou ja, vriend - genoeg vir nou! Dankie vir alles. Ons is so bevoorreg om die geestelike pad saam met jou te mag stap! 

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 610, Somerset Mall, 7137, Cape Town
South Africa

facebook linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite