Zoom-klasse
Ons begin Maandag, die 23ste Januarie om 20:00 weer met Zoom-klasse. Die klasse duur 45 minute. Ons noem dit hierdie jaar bloot 'n GEESTELIKE SKOOL, en ek sal verskillende temas uit verskillende kursusse bespreek, rondom onderskeiding, 'n geestelike lewe en innerlike heling. Sluit solank by hierdie Facebook-groep (kliek hier) aan om op hoogte gehou te word van die reëlings (of stuur my jou naam), sodat jy die nodige inligting betyds kan ontvang - bv. die temas en login-details.
Dis al vir nou. Al wat ek wil byvoeg is 'n GROOT WELKOM aan die nuwe lede wat hierdie jaar by ons aangesluit het. Kyk gerus op ons webruimte vir volledige inligting oor ons bediening.
Mag ons hierdie jaar groei in geloof, krag en onderskeiding. Met die Here kan dit 'n GROOT jaar wees!
Beste wense!
Jimi en Maryke
|