Hallo daar!
Die dae raak koeler en korter soos ons stadig die winter in beweeg. Ons leef steeds in die skadu van Covid-19, of ons nou wil of nie. Feitlik almal is al daardeur geraak, hetsy finansieel, emosioneel of liggaamlik. Sommige is deur diep waters en ander het geliefdes afgestaan. Ek het vandag weer met iemand gepraat wat net dankbaar is dat hy leef. Ons moet eenvoudig in geloof vorentoe gaan, so verantwoordelik as moontlik, en die Here bly vertrou. Daar is 'n les in al hierdie dinge en die les is om na God te draai en op te hou om onverantwoordelik met die aarde om te gaan. 'Skuus vir die "winter"-gedagtes, my eintlike nuus is inderwaarheid baie positief:
|