DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
JULIE 2019

Hallo daar!

Net weer 'n kort, kort nuusbriefie - effe laat, maar dit gaan regtig dol. Ek wil hierdie maand veral ons nuwe turkoois skermprent bekendstel. Dis pragtig (kyk hieronder), al moet ek dit nou self sê! Jy kan hierdie skermprent vir jou rekenaar aflaai in'n kwessie van 'n minuut. Ons gee een elke kwartaal uit en is bly as jy dit aflaai vir jou rekenaarskerm - dis 'n wallpaper - omdat dit vir ons 'n bietjie blootstelling gee. Kliek hier.

Verder net kort nuus

1) Ons huidige reeks dagstukkies - oor die Name van God - is gewild en ek kry dikwels terugvoer. Dis vir my ook lekker om te skryf, alhoewel dit soms 'n uitdaging is om die geestelike toe-

passing te vind uit grammatika-betekenisse. Ek moet dikwels bid! Om meer oor hierdie reeks te lees, kliek hier.
2) Ons het mos baie kursusse (en jy kan enige een neem, kliek hier), maar ons het ook altyd 'n "vlagskip"-kursus. Dit is die een wat die meeste mense op 'n gegewe tyd neem, om verskeie redes. Huidiglik is dit ons kursus "Geesplan". Dis iets heeltemal anders as wat ons gewoonlik doen, as "persoonlike geestelike begeleiding", en daar is ook nege mense wat dit intensief neem, m.a.w. wat weekliks persoonlike terugvoer lewer, waaroor ons dan 'n coaching gesprek voer. Dis op die oomblik vreeslik sinvol en verskeie lede van hierdie klas het laat weet dat hulle dit baie waardevol vind, dat baie duidelikheid vir hulle ingetree het of dat hulle besig is om te heel. Kliek hier vir meer info hieroor.
3) Ons is persoonlik deur 'n moeilike tyd met Maryke se ma wat baie siek was en uiteindelik by ons kom bly het, wat egter op die 3de Julie oorlede is. Maryke is steeds by haar huis besig om reëlings te tref en dinge af te handel.

Dis al waarvoor ons hierdie keer kans het. Short and sweet!

Baie dankie vir die voorreg om saam met jou die geestelike pad te mag stap - dit word so waardeer!


Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke

Daaglikse Stilte

Posbus 233, Kuilsrivier, 7580, Western Cape.
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite