DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
OKTOBER 2019

Welkom aan heelwat nuwe lede!

Ek vertrou julle sal welkom voel by ons gemeenskap en geseën word deur ons bediening! Ek wil in hierdie nuusbrief veral verduidelik wie ons is en wat ons doen – dalk is dit vir ons ouer lede ook insiggewend.

Ek het in 2000 met Gary en Timothy Kieswetter, asook gospel-sanger Leon Goosen ‘n internet-bediening begin, wat net omtrent 'n jaar gehou het. Daaruit het “Padlangs Oordenkings” egter gegroei, die dagstukkies wat daarmee saam uitgegee is. Met die jare het “Padlangs Oordenkings” in so ‘n mate gegroei dat ons in 2010 voltyds daarmee begin werk het. Intussen het ons ook ander aspekte van bediening bygevoeg, soos ons kursusse en lewensbegeleiding. Ons is dus al omtrent 20 jaar met Padlangs Bediening besig, waarvan die laaste 10 jaar voltyds was. In dit alles het die Here vir ons gelei en voorsien. Ons beleef dit steeds as ‘n wonder en ‘n voorreg!

  • Om meer oor myself te lees, kan jy hier kliek
  • Om meer oor Padlangs Bediening en sy agtergrond te lees, kan jy hier kliek

Daaglikse Stilte

Ons dagstukkies – deesdae bekend as DAAGLIKSE STILTE – is wat ons die besigste hou. Ons trek al by 4100 oordenkings, wat in Afrikaans en Engels verskyn, en per e-pos of op

Facebook en Twitter.  Op WhatsApp verskyn ook ‘n daaglikse voorlesing. Verskeie van ons reekse oordenkings is al as boeke gepubliseer deur CUM. Ons kry daagliks terugvoer en gebedsversoeke en is gedurig besig om vrae te antwoord, of mense te begelei en te bedien. Dis soos gemeente-bediening, maar  op die internet!

  • Om meer oor Daaglikse Stilte te lees, kan jy hier kliek 
  • Om meer oor ons huidige reeks (die Name van die Here)  te lees, kan jy hier kliek
  • Om meer oor ons Engelse dagstukkies te lees, kan jy hier kliek 

Geestelike kursusse

Die hart van ons bediening is egter ons kursusse. Ons stuur weekliks tientalle kursusdele uit aan diegene wat ons bediening ondersteun. Die temas dek die geestelike lewe, gebed, die Woord, die Heilige Gees, leierskap, die huwelik, berading, begeleiding en vele meer. Ons kursusse is kort en praktiese studies wat self deurgewerk word. Daar is geen huiswerk of take nie. Ons kursusse is vir almal!

  • Om meer oor ons kursusse te lees, kan jy hier kliek
  • Om meer oor ons huidige "vlagskip-kursus" te lees (Psalm 23), kan jy hier kliek

Dan maak ek ook nog bydraes tot Lééf Tydskrif, gesels weekliks op die radio, preek op uitnodiging, begelei mense of groepe of doen beraad. Kyk gerus self op ons webruimte vir wat alles daar aangaan, daar is ook geestelike vrae en antwoorde, AL ons vorige dagstukkies en vele meer!

Ten slotte

Onthou, jy kan enige tyd van jou laat hoor – ons antwoord alles (binne ‘n dag of drie) en bid graag saam. Stuur gerus ons dagstukkies verder, maar wees wys. As mense dit ongevraagd ontvang, mag hulle jou adres dalk unsubscribe of dit selfs as spam merk. 

Bid vir ons asseblief, ons het dit so nodig! Sonder die seën van die Here kan ons niks doen nie.

Alles van die beste en DANKIE vir die voorreg om saam met jou die geestelike pad te stap!

Jimi en Maryke le Roux

Daaglikse Stilte

Posbus 233, Kuilsrivier, 7580, Western Cape.
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite