DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
SEPTEMBER 2020

Hallo weereens!

Dis lente, maar September is gewoonlik meer soos-die-winter as soos-die-somer. Met ander woorde, koud! Ek sien wel die Hoëveld het nou warm weer gehad. Niemand kan egter die somer keer nie, né - of jóú somer nie! 

Ons nuwe reeks!

Soos julle weet, is ons reeks oordenkings, "Naam bo alle name", nou klaar. Ons het letterlik deur honderde name, titels en beelde van God in die Bybel gewerk. Ek het dit baie geniet en so het baie van ons lesers. As die Here wil, kan hierdie reeks ook in boekvorm uitgegee word. Nou - op 1 Oktober - begin ons met 'n nuwe reeks, "Wesenlike Woord." Ons gaan deur die Bybel se mooiste, bekendste en belangrikste verse werk, van Genesis tot Openbaring! Gebruik asb. die advertensies wat ons vir 'n paar dae sal uitstuur om jou vriende of kennisse uit te nooi op hierdie reis. Vir besonderhede oor ons benadering en bedoeling met hierdie reeks, kliek hier.

Openbaring-kursus
Ons het nou vir drie maande in 'n aanlyn-klas deur Openbaring gewerk. Daar is nog net twee lesse oor. Dit was nou werklik lekker! Vir die meeste studente was dit inderdaad 'n "openbaring" soos hierdie geheimenisvolle boek vir hulle oopgeval het. Onthou, jy kan op jou eie hierdie kursus doen. Daar is 19 hoofstukke met 'n video by elk. Kliek hier vir meer besonderhede.

  • Ek wil voortgaan met weeklikse Zoom-klasse. Dalk sal ons hierdie jaar nog iets kort aanbied, maar van volgende jaar af wil ek dit meer permanent inbring.

Kortliks

Dan nog die volgende kort nuus:

  • CUM Uitgewers het laat weet dat die inperking hulle ook getref het en dat boekverkope steeds baie traag is. Ook ons boek, wat hierdie jaar moes uitkom, is - soos die meeste van hul projekte - na volgende jaar uitgeskuif. Onthou tog om CUM te besoek vir opbouende kerskope. Van ons ander boeke is nog daar beskikbaar.
  • Het jy nog CoVid-kommernisse? Ek luister deesdae weer na Angel of the Lord deur Miriam Webster - so pragtig en vol Woord-waarhede. Dis hier, as jy bemoediging kort.
  • As jy en jou eggenoot 'n roeping het om met mense te werk, kan die volgende julle dalk interesseer. Wortelgat by Stanford, 'n pragtige konferensie en retreat terrein, benodig nuwe bestuurders. Dis nie 'n rustige aftree-werk nie, maar dinamiese posisies vir die regte mense. Vir meer inligting, kliek hier.

Ai, ek is self ook lus vir retreat hou, iewers in die Kaap. 'n Tyd om te reconnect met die Here, jouself en jou doelwitte. 'n Paar sinvolle dae op 'n mooi plek, met baie geleentheid vir stil word. Laat weet as jy belangstel! 

Dis egter genoeg vir nou. Dankie dat ons die geestelike pad saam mag stap. 

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke


    Jimi le Roux

    PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
    South Africa

    facebook twitter

    Jy ontvang ontvang hierdie pos 

    omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

    Teken van alle pos af
    MailerLite