Ten slotte
Van tyd tot tyd is daar probleme met die aflewering van ons oordenkings. Dit gebeur soms met sekere e-pos domeine, bv. @yahoo, @outlook of @live, maar ander kere is dit hier en daar, regoor die spektrum. Dit het gewoonlik te doen met dinge buite ons beheer, bv. as iemand ons oordenkings as spam gemeld het (as jy bv. oordenkings na ander forward, wat dit nie wou hê nie). Gewoonlik is dit net vir ‘n tyd – gee dit dus maar ‘n paar dae – maar as jy vind dat jy glad nie meer jou oordenkings kry nie, moet jy ons laat weet. Ons sal ons bes doen om te help.
Dis genoeg vir eers. Dankie vir die voorreg om in jou lewe te mag inspreek. Ek bid gereeld vir elke leser, kursusganger en bydraer – bid asb. ook vir ons!
Mag die Here jou ryklik seën!
Jimi en Maryke
|