Dankie tog!
Ja, dankie tog vir September! Die winter was vir my lank, koud en grieperig, en ons beleef al hier en daar 'n lentedag. Lente is my gunsteling tyd van die jaar - as die dae nét reg is (nie te warm of te koud nie), as daar nuwe hoop is in die dae, en 'n soelheid in die aande, en as die geure van bloeisels saans jou laat terugdink aan die lente van jou eie lewe, toe álles nog hoopvol en soel was, toe afwagting en opwinding jou algemene uitkyk was. September gaan nog bittere koue bring, ek weet, maar ek weet ook dat die somer onverbiddelik op pad is. Hierdie keer weereens net kort aankondigings:
|