Vraelys-terugvoer
Ons het laas maand ‘n vraelys uitgestuur met slegs drie vrae. Die uitslag was interessant en leersaam. Ek weet bv. nou watter reeks ons volgende moet aanpak. Dis egter duidelik dat mense nie so bekend is met ons kursusse nie, of vergeet het wat ons al gedoen het. Kyk gerus deur die volgende dokument (kliek hier) om na al ons kursustemas te kyk. Die inligting wat jy soek is moontlik daar – of skryf gerus vir my ‘n brief.
Dankie en asseblief
Die land is waarskynlik nou in ‘n resessie en almal trek swaar. Ons moes ons finansies weer bestudeer, maar het besluit om ons basiese bydrae te hou presies soos dit al jare is. As jy R150 p.m. (of meer) bydra, ontvang jy elke week enige een van ons vele praktiese kursusse. Oorweeg dit gerus - vir meer inligting, kliek hier. Ons wil nie iets meer van mense vra nie, ons wil van meer mense iets vra, met ander woorde. Dagstukkies bly natuurlik gratis (soos ons gesels en ons gebed) 😊. En weereens, ‘n GROOT DANKIE aan elkeen wat ‘n bydrae tot ons bediening maak – sommige só ruimhartig – dit word baie waardeer!
Ek bid elke oggend vir jou, want ek bid vir elkeen wat daardie dag ons oordenkings sal lees, daardie week ons kursusse sal ontvang of wat bydraes maak. Mag julle almal baie seën beleef!
Tot volgende keer!
Jimi en Maryke
|