Hallo daar!
Middel van die winter, né? Dit was al bitterlik koud, maar tans het ons weer 'n paar matige dae. Ek is onlangs weer daaraan herinner dat wat ons dalk as 'n knus winter beskou, vir baie 'n nagmerrie is van koud kry en 'n nat woonplek. Kom ons maak ons hande oop wat kos en komberse betref. As elkeen iets doen, doen ons saam baie.
Nuwe skermprent! Ek het 'n nuwe skermprent gemaak, na seker 'n jaar. Dis mooi blou, met perdeblomme en doudruppels (soos hierbo). Ek hou van blou! Die nuwe skermprent pryk reeds op al my rekenaars en selfs my selfoon. Om dit binne 'n minuut af te laai op jou desktop of laptop, kliek hier. Dit dien ook vir ons as advertensie; as iemand jou daaroor vra, kan jy gerus ons bediening noem :-) Baie dankie!
|