Dit is Lydenstyd
Dit is tans Lydenstyd, die 40 dae periode van vas en gebed voor Paasfees. Ek vas weereens saam (kliek hier vir hoe ek en vele ander Christene Lent aanpak), maar was hierdie jaar net te besig om spesiale oordenkings te maak. Moet egter nie vergeet van die skadu van die kruis wat in hierdie tyd oor ons hang nie.
Geestelike Vorming videos
Die Dissipelskapskool wat ons laas jaar begin het, loop binnekort ten einde. Ons werk deur ons kursus, Geestelike Vorming, met notas, videos en aanlyn-klasse. Dit was 'n baie waardevolle reis, ook vir my. In elk geval, die videos is (feitlik) almal nou beskikbaar op 'n YouTube-kanaal, waar dit gekyk of afgelaai kan word: kliek hier.
- Jy kan bv. elke aand een kyk (dis so 15-20 min elk) en só self deur die kursus werk.
- Jy kan inskryf op die kanaal om dit maklik te kry en om kennis te ontvang dat die laaste twee video's opgelaai is.
- Jy kan ook inskryf op die notas vir aaaaaaaaaaa. Kliek hier.
|