DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
SEPTEMBER 2019

Weer tyd vir ‘n nuusbrief!

Hallo daar! Ons het ons maandelikse nuusbrief bietjie uitgestel omdat ons ‘n nuwe kursus wou bekendstel.  Kom ons begin sommer dadelik:

“Geesplan”, ons huidige “vlagskip-kursus” (die een wat die meeste mense ontvang), maak hierdie week klaar. Dit het gegaan oor die Here se persoonlike roeping vir jou lewe, jou unieke skeppingsdoel. Dit was ‘n groot sukses, veral vir die kleiner groep met wie ons ‘n meer persoonlike pad gestap het. Mooi dinge het daar gebeur, die Here het beslis in die harte gewerk! Ek gaan hierdie kursus bietjie aanpas vir die toekoms (kliek hier vir die huidige weergawe), maar oor die algemeen is ek baie dankbaar. Nou is dit egter eers weer tyd vir iets anders:  

Psalm 23: dubbele aanbod!

Ek het intussen al begin werk aan ‘n kort reeks oor Psalm 23. Ek wou al lankal iets hieroor doen, want die psalm het ‘n pragtige vloei van die lewe na die dood, na die ewigheid. Ons gaan oor 15

weke dus rustig deur hierdie psalm werk, frase vir frase, met hierdie vraag in gedagte: “wat beteken dit dat God my Herder is?” Ons wil ook ‘n spesiale fokus op die kleingroep plaas. Omdat Psalm 23 so ideaal vir kleingroepe of gebedsgroepe is, bied ons ons selleierskursus, Kleingroep-dinamiek, gratis hierby aan. Dit behels omvattende en hedendaagse opleiding vir alle kleingroepleiers. As jy dus Psalm 23 ontvang, kry jy ook Kleingroep-dinamiek gratis! Gebruik dit self, as jy ‘n kleingroep behartig, of werk daardeur vir jou eie verryking, maar ons wil spesifiek vra dat jy dit weekliks aan jou groepleier (of ‘n groepleier wat jy ken) of selfs jou predikant aanstuur. Maak jou dus reg vir ‘n treat! Van volgende week af sal hierdie psalm vir jou oopgaan. Ons gaan Psalm 23 ook sommer uit ons kop leer, sodat dit altyd byderhand is. 

  • Vir meer inligting oor ons kursus, Psalm 23, kliek hier
  • Vir meer inligting oor Kleingroep-dinamiek, kliek hier.

Kortliks...

1) Ons medewerker Olga Maartens het ‘n skouer-operasie ondergaan, maar gaan steeds voort om voorlesings van ons oordenkings op WhatsApp en Facebook te plaas - so ver as moontlik. Dankie vir die besondere moeite! Hoop jy's spoedig beter!  Vir meer inligting oor ons voorlesings kliek hier.

2) Ek sien daar is nog enkele Lééf Tydskrifte (Winter-uitgawe) in ons plaaslike winkel oor. Dis ‘n baie mooi uitgawe – kry gerus een voor dit uitverkoop! Ek maak al agt jaar gereelde bydraes aan Lééf, wat ‘n voorreg!

Dis al vir hierdie keer. Dankie vir die voorreg om saam met jou die geestelike pad te mag stap! 

Mag die Here jou ryklik seën!

Jimi en Maryke le Roux

Daaglikse Stilte

Posbus 233, Kuilsrivier, 7580, Western Cape.
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van ons poslys af
MailerLite