Ten slotte
Ons nuwe reeks dagstukkies, Leer by die Leiers, het nou al spoed opgetel. Jy sal sien dis bietjie anders as die vorige reekse: ek werk net deur die leiers van die Bybel, en probeer leer wat ek ook al kan leer. Die temas is soms baie geestelik, ander kere meer leierskap-georiënteer of sommer net prakties. Ek skryf eenvoudig voort en vertrou die Here vir die uitkoms! As jy meer oor hierdie reeks wil lees, kliek hier.
Baie dankie vir jou betrokkenheid by ons bediening en vir die voorreg om die pad van die Here saam met jou te kan stap. Laat weet hoe dit gaan, deel gerus met ons jou gebedsversoeke of vrae, wees tog veilig en bid vir ons, soos ons ook gereeld vir jou bid,
Beste wense en baie seën!
Jimi en Maryke
|