Hallo daar!
Dis middel Augustus en steeds baie koud. Laat ek bieg, ek is nou eenmaal nie 'n wintermens nie. Daar is 'n sekere behae in die gedagte van sop, 'n snoesige kombers en 'n warm vuur, maar die praktyk is ver nie so gesellig nie. Die praktyk dwing my om soggens in die wasem-koue te gaan draf, om vier lae klere in die huis te dra (ons huis is koud en elektrisiteit is al weer duurder) en heeltyd op die termometer te kyk en te sê, "Sjoe, dis 16 grade hierbinne". Ek weet, soos 'n regte oumens... Ons het ook nie 'n kaggel nie, wel 'n gasverwarmer, en ons drink wel sop en sit onder die komberse... Binne enkele weke sal die seisoen begin draai!
Nuwe skermprent
Ek het weer 'n skermprent gemaak, en hierdie keer is dit regtig mooi! Ek voel altyd ingenome met my pogings (soms verkeerdelik so), maar hierdie een gaan ek lank op my skerm hou. Dit lyk soos hierbo - pragtig, né? Kliek hier om dit af te laai en op jou rekenaar, tablet of selfoon te installeer.
|