Welkom by 'n nuwe jaar!
Ons begin vandag weer amptelik met Padlangs Bediening, soos ons werk al 20 jaar bekend staan. Ons oordenkings, DAAGLIKSE STILTE, gaan bloot voort waar ons laas jaar opgehou het. Om meer daaroor te lees kliek hier
Ongelukkig is Suid-Afrika in die middel van 'n tweede golf Covid-infeksies en hierdie keer is dit meer ernstig. Ek het al twee direkte kollegas verloor aan die siekte en verskeie mense wat ons ken het ook al geliefdes verloor. Vyf mense in ons eie familie het al Covid gehad, maar het reeds weer herstel. Ons mag nie vrees nie, ons moet God vertrou, maar terselfdertyd moet ons versigtig en verantwoordelik wees. Gelukkig is daar hierdie jaar meer hoop in die sin dat ons die vaksienes kan verwag.
As jy wil kan jy kyk na 'n boodskap wat ek gister aan 'n gemeente in Parow hieroor gebring het. Dit som op wat die Here hieroor op my hart gelê het. Om daarna te kyk, kliek hier
Nogtans gaan die lewe aan en ons begin hierdie jaar met iets nuuts! Ons loods ons...
|