In Praktyk
Daar was die laaste tyd verskeie positiewe response oor ons huidige "mees praktiese" reeks. Lesers het laat weet dat dit hulle help en rigting gee in die kwessies wat hulle pla. Dit bevestig aan my dat ons moet voortgaan, ten spyte van my vroeëre bedenkinge. Wat ons temas betref, ons is tans besig met woorde (en doen ook nog getuig en seën), en daarna beweeg ons na rook en drink, slegte gewoontes, verslawing en daarna kyk ons na finansies (armes, bedelaars, tiendes, spandering, ens.). Daarna doen ons verhoudings, liefde en seks, die huwelik en huweliksprobleme. Dan kyk ons na kinders en opvoeding, en eindig met die kerk en enkele praktiese, geestelike temas. Ek is reeds klaar geskryf tot in Maart 2025! Laat weet gerus hoe jy dit beleef.
Troues, weer
Soos gesê, is my lêer nou uiteindelik - na veertien jaar - oorgeplaas vanaf Randburg na Bellville en kan ek weer wetlik troues registreer (in die tussentyd het ek slegs die seremonies behartig, nie die wetlike dele nie). Nou pak ek dit meer doelgerig aan. Ek het 'n webblad gemaak (dis hier) en kaartjies laat druk (soos hier bo) om by venues agter te laat. Hou dit in gedagte as jy iemand ken wat 'n bevestiger soek (in die Kaap-omgewing)!
|