DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
DESEMBER 2019

Kersfees kom!

Sjoe, hoe vinnig het hierdie jaar nie gevlieg nie! Oor twee weke is dit reeds weer Kersfees. Daarna die stil dae en dan begin 2020 met ‘n bang! Soms voel dit regtig of ek van hierdie onverbiddelike mallemeule wil afklim. Aan die ander kant is ek bly dat ons binnekort die kantoor kan sluit en self verlof neem vir ‘n tydjie. Ons reëlings is die volgende:

  • Ons oordenkings het reeds Vrydag, 13 September gesluit. Ons heropen op Maandag, 6 Januarie.
  • Ons vlagskip-kursus, Psalm 23, se laaste deel word uitgestuur op 17 Desember. 
  • Ons nuwe kursus begin op 7 Januarie, met die eerste dele as bekendstelling.

Van ons ander kursusse mag vir nog ‘n week of wat voortgaan, bv. om dit te voltooi. Andersins sal ons ‘n paar dele vooruitstuur vir die vakansie. Dit sal wissel .

Ons nuwe kursus!

Gaan loer gerus na ons opwindende nuwe program wat in Januarie afskop, naamlik WIE HY Sê EK IS. Dit gaan oor ons identiteit. “Ek” is immers baie meer as my naam, my volksgroep, my beroep of my agtergrond. Ek is wie die Here sê ek is! Ons kyk dus vir 25 weke na wat die Here van ons sê... Die reeks is geskik vir persoonlike groei asook vir die kleingroep. Sluit by ons aan!

  • Vir die inhoud en die eerste deel van WHS, kliek hier
  • Vir meer inligting oor ons kursusse oor die algemeen, kliek hier

2020. Reis? Retreat?

Ons oorweeg dit om weer 'n reis na Israel aan te bied. Sou jy dalk belangstel, in beginsel? Dis nie te goedkoop nie, minstens R35 000 vir tien of elf dae, maar dis die ervaring van 'n leeftyd. Dis 'n pelgrimstog om in Jesus se voetspore te gaan loop! Dit kan egter slegs gebeur as daar genoeg belangstelling is. Laat weet gerus! Turkye is ook 'n opsie - dis die land van die eerste gemeentes. Verder dink ek aan 'n retreat in die Wes-Kaap, moontlik Hermanus of Wellington. Dit sal 'n onderskeidingsnaweek wees, op 'n mooi plek, met baie stilte en tyd vir nadenke en gebed. Nie 'n volskaalse program nie! Laat weet gerus!

Ten slotte

Ten slotte net weer die feit dat ons in ‘n geloofsbediening staan. Die Here sorg al tien jaar vir ons op die manier, maar Hy doen dit natuurlik deur mense. Oorweeg dit om ‘n sendingbydrae te maak vir ons bediening! Die manier waarop die meeste ons bediening ondersteun is deur ‘n kursus te bestel. Jy kan ook sommer dadelik vir ons 'n Snapscan betaling

maak, AS JY WIL - die kode is hierby. (Laat weet ons egter as dit vir 'n kursus is, sodat ons die toewysing kan maak). DANKIE!  

Dan net ‘n GROOT DANKIE aan elke vriend en vennoot, elke gebed en bemoediging, elke briefie en elke laat-weet hierdie jaar! Dis so wonderlik om met MENSE te doen te hê, hulle lewenspad met hulle te mag deel – al is dit hoe kortliks – en om die Here met hulle te bespreek. Ons waardeer dit so, dis absoluut kosbaar...

Mag jy ‘n wonderlike en geseënde Kerstyd beleef, vol van die vrede en vreugde van die Here!
  Mag jou nuwe jaar voorspoedig en mooi wees!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite