DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
AUGUSTUS 2020

Hallo Padlangs-vriend en -vennoot!

Die maande gaan nou so vinnig verby; ek het met 'n skok besef dis al weer tyd vir ons nuusbrief, wat altyd op 'n Maandag in die middel van die maand uitkom. Dis darem 'n aangename taak! Ek hoop dit gaan met jou goed.

Skermprent
Ek het weer vir ons 'n skermprent gemaak, wat soos hierbo lyk: kersiebloeisels, met ons besonderhede en so aan. Te pragtig vir jou rekenaarskerm! Dit dien mos ook as advertensie vir ons bediening. Laai dit gerus af - dis glad nie moeilik nie! Kliek hier om na ons webblad te gaan waar dit lê, en laai dit binne 'n minuut af. Die instruksies is baie eenvoudig. Baie dankie! As iemand vra, kan jy sommer ons bediening bekend maak - sal dit so waardeer!

Geestelike Vorming se eerste dele is gratis
Ons "basiese kursus" is Geestelike Vorming, 'n program wat al die wesenlike aspekte van 'n verhouding met God dek.
Alle Christene moet eintlik een of ander tyd deeglik deur so 'n program beweeg. Die eerste vyf dele daarvan is 'n mini-kursus opsigself en is gratis beskikbaar. Laat weet gerus as jy belangstel, dan stuur ons dit vir jou aan. As jy na vyf weke wil voortgaan, sal dit 'n minimale bedrag kos - ons kursusse is ons inkomste - maar jy is natuurlik onder geen verpligting nie. Kliek hier as jy wil sien hoe hierdie kursus lyk.

Ten slotte

Ons bediening se naam, "Padlangs", beteken dat ons reguit wil praat, "padlangs", maar ook dat ons die geestelike pad met mense wil deel. Dis SO 'n voorreg om inderdaad saam met mense te kan bid, saam met hulle te kan reis deur ons kursusse of begeleiding en iets van hulle journey te kan beleef. As ek terugvoer van mense ontvang, soms van jare gelede, voel ek so dankbaar en bevoorreg. Ek dank die Here! 

Dankie aan elke vriend en vennoot van ons bediening, elke leser, elke bidder en bydraer. Ek bid gereeld vir julle!

Mag die Here jou seën!

Jimi en Maryke


Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite