O, die jaar spoed voort! By ons in die Kaap is die wind steeds koud, want September is eintlik nog maar die laaste stukkie winter, nie regtig al lente nie. In elk geval, ek het hierdie maand die volgende aankondigings:
"Jesus Leefstyl" Ons bestaande vlagskip-kursus, In die Tempel (oor die simboliek van die tempel - jy kan dit steeds bestel) maak einde van die maand klaar. In Oktober begin ons kort nuwe kursus, Jesus Leefstyl. Dis nie 'n geestelike kursus nie, of ten minste nie geestelik op die gewone manier nie. As gesertifiseerde life coach maak ek soms lewensbegeleidings-kursusse, en hierdie een is so een. Ons kyk na die mense in Bybelse tye se leefstyl, bv. na hulle eet, drink, loop, slaap en doen, en maak dan gevolgtrekkings daaroor vir onsself. Natuurlik het hulle nie veel keuses gehad in die proses nie, maar die feit is dat hul dieet, en hele leefstyl, veel meer natuurlik, organies en gesond was (in baie opsigte) as ons s'n. So kom ons uit by wat ek noem 'n "Jesus-Dieet" of 'n "Jesus-Leefstyl". Onthou, ons gesondheid IS 'n geestelike saak, en dalk is hierdie kursus jou antwoord. Al ons vennote sal vanaf 5 Okt hierdie kursus ontvang (tensy hul iets anders gespesifiseer het). Jy kan dit ook ontvang! Kliek hier vir meer besonderhede oor Jesus Leefstyl.
|