Ten slotte
As ons terugskou oor die jaar is dit met 'n geweldige gevoel van dankbaarheid. Daar was soveel mooi oomblikke, soveel genade, soveel seën. Deur die wel en weë was die Here met ons, en dit is wonderlik. Ons is ook só dankbaar teenoor die wat in ons bediening deel: elke dagstukkie-leser, aanstuurder, kursus-besteller, ondersteuner, briefie-skrywer, aanmoediger, elke medewerker en spanlid, elke vriend en vennoot. Aan almal sê ons BAIE, BAIE dankie! Dis so 'n voorreg om 'n deel van jou reis met jou te mag deel. Ons bid dat ons saamstap vir jou ook waardevol sal wees, soos jy op óns reis vir ons kosbaar is. Mag die Here jou ryklik seën.
Ons bid Kersvreugde en Kersvrede vir jou toe en 'n wonderlike, geseënde nuwe jaar!
Jimi en Maryke
|