DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
NOVEMBER 2019

Hallo weereens!

Die jaar vlieg! Dis al November, wat ek mos as die minder glamorous suster van Desember beskou. Daarby voeg ek by dat so 'n suster dalk meer substans bied as die partytjie-een. Moet November dus nie afskryf nie! Gegewe, egter, dat Desember - en Kersfees - voorlê, moet ek hier 'n advertensie-breek maak... 

Ideale kersgeskenk!

Daar sal volgende jaar weer een van ons boeke uitkom, maar intussen is Hou vas aan die Hoop steeds op die rakke by CUM. Dis ons mooiste boek ooit! Die drukwerk is pragtig, met sy goue foeilie rondom, en die inhoud behels 366 dagstukkies deur die Psalmboek. Niks is so geskik vir oordenkings as die psalms nie! Die psalmis skryf oor die lekker en die sleg van die lewe, maar sê dat God áltyd daar is, dat Hy áltyd ons hoop bly, wat ook al gebeur. Die boek is 'n ideale kersgeskenk vir mans en vroue en is by CUM beskibaar, of bestel dit 

aanlyn by hierdie skakel. Daar is nog genoeg tyd. Dis ook in Engels beskikbaar vir 'n Ingelse vriend (Hold on to Hope). So nie, kan jy ook kyk na van ons ander boeke, wat nog beskikbaar is:

  • In the Light of His Glory (beloftes uit Jesaja) is beskikbaar (die Afrikaans is uitverkoop). Jy kan hier kliek
  • Kwelvrae wat Tieners vra (moeilike vrae oor godsdiens, wetenskap en vele meer vir tieners) is byna uitverkoop, maar daar is nog kopieë op die rak by CUM. 

Medewerkers

Hierdie maand wil ons ook twee van ons medewerkers bekendstel:

Olga Maartens: oudio-opnames

Olga maak hoë-gehalte klankopnames van ons oordenkings en plaas dit daagliks op Facebook en WhatsApp. Dit vra tegniese vaardigheid, tyd en 'n groot commitment! Sy het drama aan Kovsies studeer en het pas afgetree uit die onderwys. Toe sy na haar moeder omgesien het, het sy die behoefte beleef om iets vir die Here te doen. Die moontlikheid om oudio-weergawes van die oordenkings te maak was vir haar 'n antwoord. Sy sê: "As dit vir iemand iets beteken, is ek innig dankbaar."

Wykus Louw: sosiale media

Wykus behartig die daaglikse en weeklikse plasings op ons sosiale media en webruimte. Dis ook 'n daaglikse verantwoordelikheid, wat hy met groot toewyding doen. Hy skryf: "Ek is getroud met Anneli en ons het drie kinders, ’n tienerseun en -dogter en ‘n besige vyfjarige seuntjie. Ek is geregistreer as ‘n pastorale berader en is tans besig met nagraadse studies in die teologie. Ek het ‘n belangstelling in die kontemplatiewe belewenis in die geestelike lewe en glo dat daar baie by die gelowiges van ouds in die verband geleer kan word."

Baie dankie vir julle beide vir die groot moeite wat julle doen! Dit voeg SOVEEL waarde toe - mag die Here julle ryklik daarvoor seën.

Ten slotte

Ten slotte wil ek weereens ons nuwe lede welkom heet. Ek vertrou dat ons 'n mooi pad sal kan saamstap. Laat weet asb. waarmee ons kan help. Jy kan ook enige tyd kommentaar lewer of  vra dat ons saam met jou bid. Sjoe, die nood is so groot. Bid vir ons ook asseblief, veral wat ons beplanning vir volgende jaar betref.  Ek is wel al baie opgewonde oor die nuwe kursus wat in Januarie sal afskop! Alles van die beste en DANKIE vir die voorreg om saam met jou die geestelike pad te stap!

Jimi en Maryke le Roux

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter linkedin wordpress

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite