DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
MAART 2020

Hallo weereens!
Weer tyd vir 'n nuusbrief. Al middel Maart, né? Met ons huidige reeks oordenkings, Naam bo alle name, is ons tans by die Name en beelde van Jesus Christus in die Nuwe Testament. In ons voorbereiding is ons egter al besig met die Name van die Heilige Gees - twee maande vooruit! Ons het vertrek met die Name van God in die Ou Testament, bv. die tientalle verbindings met El en Jahweh, waarna ons na beelde vir God in die Ou Testament gekyk het, en toe die Name van die beloofde Messias. Daarna het ons na die Nuwe Testament beweeg, waar ons nou nog is. Kliek hier om meer oor hierdie reeks te lees! 

Vriend, jy't seker gesien ons oordenkings is vaste spys, nie net beloftes of mooi Bybelverse nie. Dis lering, werklike groei - en dis in elk geval vol beloftes en seëninge! Ons wil veral hê dat dit vir jou 'n praktiese stiltyd uitmaak.

Gratis vir jou
Wonder jy hoe ons kursusse werk? Kry Geestelike Vorming, ons basiese kursus, gratis en sonder enige verdere verpligting vir vyf weke en sien vir jouself. Geestelike Vorming

is al deur honderde mense geneem en werk sistematies (en baie prakties) deur al die aspekte van 'n verhouding met God. Reply net "ja", "Geestelike Vorming", of so iets. 

  • As jy meer wil lees oor hoe ons kursusse werk, kliek hier
  • As jy meer wil lees oor die kursus, Geestelike Vorming, kliek hier.

    Nog gratis vir jou!
    Nog 'n groot geskenk is ons nuwe skermprent, ons rekenaar wallpaper.  Ons maak so 'n paar van hulle per jaar vir advertensie (en sommer vir die lekker). Hierdie een is minimalisties wit met donkergroen eukaliptus-blare. Dis die prent bo aan hierdie brief. So mooi! Laai dit binne sekondes af vir jou rekenaar se skerm, of selfs vir jou tablet of selfoon: kliek hier

    Ten slotte

    Ek wil in hierdie brief ook nog net eer bring aan die Here, wat ons in staat gestel het om 'n nuwe motor te koop, nadat ons die oues vir byna 20 jaar gehad het. Ons getuienis is steeds een van God se goedheid en getrouheid. Watter voorreg en seën!

    Ten slotte dan: baie dankie aan elke vriend en vennoot van ons bediening! Dis altyd vir ons 'n voorreg om te mag saamstap op die geestelike pad, om te mag inspreek in die kosbare lewens van God se kinders. Ons is geseënd.

    Laat weet gerus hoe dit gaan. Jou briefie is ALTYD welkom!

    Baie seën!

    Jimi en Maryke

    Jimi le Roux

    PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
    South Africa

    facebook twitter

    Jy ontvang ontvang hierdie pos 

    omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

    Teken van alle pos af
    MailerLite