DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die pad
APRIL 2020

In die middel van April en die middel van die inperking! Wel, min of meer. Ons het gedink dit gaan oor wees, maar dit was toe nie – en ons is steeds onseker of die inperking op 30 April gaan eindig. Ek glo egter wel so, omdat die ekonomiese skade andersins te groot sou wees en omdat ek nie veel langer van die lockdown sou kon verduur nie! Kom ons hoop en bid...

Van die inperking gepraat...

  • Ons “21 Inspuitings” is nou klaar en ons keer terug na ons gewone reeks dagstukkies, oor die name van die Here. Ons is steeds besig met die name en beelde van Christus in die Nuwe Testament. Kliek hier vir meer info.
  • Die “21 Inspuitings” is egter nou almal op een dokument beskikbaar vir jou om te bêre. Laai dit in ‘n japtrap af: kliek hier
  • Ek bid nog daagliks hierdie gebed in hierdie tyd van pandemie – bid gerus saam!
  • Ek het ook ‘n video gemaak oor hoe om die inperking suksesvol en sinvol deur te maak. Vir sommige is die inperking dalk maklik, maar vir ander nie. Sommige is vir vyf weke letterlik alleen. Ander stres oor hulle inkomste. Nog ander beleef konflik met die persoon saam met wie hulle vyf weke opgesluit is. Nog ander is geneig tot angs en depressie. Die wenke in die video sal vir almal waardevol wees. Kliek hier om dit te sien, dis net so drie minute.

Nog ‘n medewerker

Dan is dit ‘n voorreg om nog een van ons medewerkers bekend te stel, nl. Edward Pauw. Edward woon in Los Angeles en is ‘n prokureur. Hy was eers ‘n Engels-onderwyser en leer tans Afrikaans. Edward hersien ons Engelse vertalings met groot noukeurigheid en getrouheid. Ons Engelse oordenkings is nou topklas! Hier is wat hy self skryf:

I grew up in the Christian Reformed Church but didn’t get saved until I was 30. I got saved as a direct result of reading Evidence That Demands a Verdict by Josh McDowell. My grandparents came from the Netherlands, and I have relatives in South Africa. I am married with one child - a nine-year-old son. I am a lawyer and accountant currently living in California. I visited South Africa in 1993-1994 for almost a year. I want to become fluent in Afrikaans, so I read Afrikaans material online, including Christian Afrikaans material. I found several online daily devotionals in Afrikaans, and I liked Padlangs, so I began reading it on a regular basis.

Ten slotte

Dan sluit ons af met die volgende belangrike punte:

1. Die “21 Inspuitings” is baie goed ontvang en wyd aangestuur. Verskeie mense het dit sommer vir hele lyste vriende aangestuur. Hier en daar wou van die ontvangers dit egter nie noodwendig hê nie, en het dan onderaan die dagstukkie unsubscribe – of dit as spam gemerk – wat dan vir jóú van ons lys afteken. Ons advies is altyd dit: dankie dat jy ons oordenkings aanstuur, maar forward dit asb. “wyslik”, aan diegene wat dit wil hê. As jy twyfel, vra maar eers.

2. Ek oorweeg dit om ‘n Bybelklas per internet aan te bied, so een aand van die week. Dit sal niks meer kos nie, maar ons kan dan deur die materiaal gesels en vrae antwoord. Ons kan dit op Facebook, Skype of Zoom doen (sal nog besluit), dis eintlik heel maklik. Ons moet egter eers bepaal of daar ‘n behoefte is. Ons kan bv. Openbaring deurwerk aan die hand van ons Openbaring-kursus, of – as ons kans sien – deur die hele Bybel werk (oor ‘n jaar) aan die hand van “Deur die Woord”. Laat gerus weet as jy moontlik sou belangstel!
 

Baie seën!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite