Daaglikse Stilte - Platforms
1) Ons "hooflys" is per e-pos (soos hierdie brief), in Afrikaans.
2) Daaglikse Stilte is egter ook in Engels beskikbaar. Skryf gerus daarop in as jy Engels is (of as jy dit na 'n Engelse vriend wil stuur) - kliek hier
3) Dan verskyn Daaglikse Stilte ook op ons twee Facebookblaaie: "Daaglikse Stilte" en "Jimi le Roux". Follow ons gerus.
4) Dan verskyn dit ook in oudio (voorgeleesde) formaat op ons Facebookblaaie, asook op WhatsApp en Telegram (kliek hier vir instruksies). Om na 'n oordenking te luister is 'n totaal ander ervaring as om dit te lees. Dit kan immers ook in die motor of op die trapmeul gebeur.
Baie dankie aan Olga, Wykus en Wildré wat hierdie liefdestaak so getrou doen, al vir jare! Dan is daar baie mense wat ons oordenkings wyd aanstuur, ook in WhatsApp-groepe. Dankie daaarvoor, maar onthou asb. om dit wyslik te doen - as iemand die oordenkings as spam meld en daarvan afteken (onderaan elke dagstukkie), is dit jóú inskrywing wat afgeteken is. Stuur so nou en dan ook die uitnodiging uit dat mense verkieslik self moet inskryf. Ons wil niemand spam nie en dis sleg vir ons poslys se reputasie. Onthou asb. ook dat die oordenking glad nie verander mag word nie, en ten minste die outeur en bron altyd moet aantoon. Nogtans is ons bly as die Woord uitgaan, want dit is waarvoor ons geroep is.
|