DAAGLIKSE STILTE NUUS
View in browser
Langs die Pad
DESEMBER 2020

Wat 'n jaar!

2020 was die jaar van Covid-19, van "lockdown", van "social distancing", van siektes en sterftes en verlies van inkomste. Die pandemie het vir miljoene oor die wêreld net lyding, skade en ontwrigting ingehou. Ek het dikwels gewens dat hierdie jaar tog net sal verbygaan! Ons sal egter volgende jaar ook met Covid-19 deel, tot 'n entstof redelik wyd versprei is. Persoonlik hou ek vas aan die Here se belofte dat sy genade met ons sal wees, en ons het inderdaad al baie genade beleef, so tussendeur dit alles. Genade hou ons in stand en genade sal ons deurdra! Die Here is steeds met ons. Ek dink dikwels aan die doel van hierdie tyd; ek glo die Here praat met ons en Hy praat met die wêreld. Hy sê keer terug, keer terug...

Padlangs sluit

Padlangs Bediening trek ook nou 'n streep. Ons laaste oordenkings sal Vrydag, 18 Desember uitgaan en ons heropen weer op Maandag 11 Januarie. Ek wil rus, ander dinge doen, Kersfees hou, tyd met my familie deurbring. Ek hoop jy beleef ook vreugde en vrede oor hierdie tyd!

Volgende jaar

Volgende jaar begin ons met die kursus, Leer ons bid. Dis 'n deeglike herwerking van ons basiese gebedskursus, Ons Vader. Dis nou korter, kragtiger en praktieser. Leer by Jesus hoe en wat ons moet bid! Lees gerus meer oor Leer ons bid deur hier te kliek. As jy reeds hierdie kursus gedoen het en dit nie wil herhaal nie, sal daar alternatiewe beskikbaar wees.

Ten slotte

Ek sluit ons kort briefie - en die jaar - af met 'n dankwoord. 

  • DANKIE vir elke leser met wie ons hierdie jaar kon saamstap! Die voorreg (en verantwoordelikheid) is altyd ons s'n. Dankie vir elke briefie van aanmoediging en elke "Amen" op ons Facebook-blaaie. Ons lees dit alles! Dankie ook dat jy vir ons bid.
  • DANKIE aan ons vrywilligers, Maryke, Olga, Wykus en Edward, wat met absolute getrouheid en presiesheid meegehelp het om ons oordenkings oor verskeie platforms te laat uitgaan en die bediening te laat funksioneer. 
  • DANKIE vir elke bydraer wat met 'n oop hand ons bediening ondersteun het, waarsonder Padlangs natuurlik nie sou kon bestaan nie. Dit word só waardeer. Mag die Here jou terug-seën!
  • DANKIE, bo alles, aan ons getroue God, wat in 2020 vir ons sy genade en guns en seën gebied het. Ek is so dankbaar - ere aan sy Naam!

Rus goed uit! Vrede en vreugde oor die Kerstyd!

Jimi en Maryke

Jimi le Roux

PO Box 233, Kuils River, 7160, Cape Town
South Africa

facebook twitter

Jy ontvang ontvang hierdie pos 

omdat jy op ons poslys ingeskryf is.

Teken van alle pos af
MailerLite