En dan kortliks...
Eerstens nog nuus van ons vrywilligers:
1) Edward, ons Amerikaanse medewerker (wat ons Engelse oordenkings redigeer), het 'n week in Suid-Afrika kom kuier. Hy was hier vir besigheid, maar ons het elke dag oordenkings vertaal. Sy Afrikaans is goed, hoor!
2) Olga, ons medewerker wat ons oordenkings so professioneel voorlees en op Facebook en WhatsApp versprei, lees ook nuus op Namibië se Afrikaanse diens. Sy het laat weet dat ons oordenkings moontlik op hulle radio voorgelees gaan word, en ons bid dat dit inderdaad so kan gebeur.
Ek waardeer almal se hulp en bydraes só!
Ten slotte: ons "Geestelike Skool", agtien Zoom-klasse op Maandagaande, kom vanaand tot 'n einde. Ons het deur 'n program gewerk waarin ons ons unieke verhouding met God bespreek het. Dit was vir my ook 'n opbouende ervaring. By hierdie Facebook-groep is die oudio-opnames van ons klasse en heelwat materiaal, as jy op jou eie deur die kursus wil werk. Die volle notas is by my beskikbaar.
Ek bid gereeld vir elke Padlangs-leser, kursus-ontvanger en bydraer. Ek dank die Here vir jou en bid dat ons bediening vrugbaar sal wees in jou lewe. Baie seën!
Jimi en Maryke
|