View in browser
Ons kom hou konsert in jou huis!

Nooi jou vriende, steek jou kaggel en kerse aan, besluit wat julle wil eet en ons doen die res.

’n Unieke virtuele huiskonsert waartydens Danie du Toit (Spoegwolf), Koos van der Merwe (Prophet) en Frieda van den Heever (Vers en Klank op RSG) vir die heel eerste keer saam optree.

Ons bring La Cotte Franschhoek se pragtige kaggelkamer en kuier-atmosfeer direk na jou sitkamer. Beter nog, die gin en al die wyn vir die wynproe, die digbundels en agtergrondmusiek word voor die tyd afgelewer by jou voordeur.

Theo Geyser en Koos van der Merwe tree meer as dertig jaar reeds saam as die sanggroep Prophet op, en maak by hierdie geleentheid ’n spesiale verskyning vir die eerste keer in jare met ’n splinternuwe liedjie.

Johan du Toit, wyn en gin connoisseur, gaan deur die loop van die aand seker maak jou proesintuie word ook bevredig. En ja, jy is reg – dit wat ons op die verhoog proe, gaan jy in jou sitkamer saam proe!

Alle wins is ten bate van die INANI START WELL FOUNDATION

Jou opwindende konsertpakket sluit in:
Borge en kunstenaars
Lees Meer
Volle pakket: R 1 899
Bespreek Nou

Die afgelewerde konsertpakket sluit in:

1 x Kaartjie vir 10 konsertgangers

1 x Bottel Cape Fynbos Gin

4 x Uitsoekwyne vir jul wynproe

10 x Soethappies deur Ambassador Foods

1 x Warmer voor die tuimeldroër digbundel deur Danie du Toit

1 x Rympies in die vliet digbundel deur Koos van der Merwe

1 x Sielskos boek deur Koos van der Merwe

1 x Koma CD deur Spoegwolf

1 x Lootjie vir die Prystrekking: 'n Naweek wegbreek by La Cotte Private Villa vir 10 mense ter waarde van R50 000!

Halwe pakket: R 1 500
Bespreek Nou

Die afgelewerde konsertpakket sluit in:

1 x Kaartjie vir 10 konsertgangers

10 x Soethappies deur Ambassador Foods

1 x Warmer voor die tuimeldroër digbundel deur Danie du Toit

1 x Rympies in die vliet digbundel deur Koos van der Merwe

1 x Sielskos boek deur Koos van der Merwe

1 x Koma CD deur Spoegwolf

Konsert alleen: R 1 000
Bespreek Nou

Alle wins is ten bate van die Inani Start Well Foundation

Die Inani Start Well Foundation is in die finale fase om nie-winsgewende kosfabriek – die eerste van sy soort in die wêreld – op te rig. Die organisasie is tans besig met ’n skarewerwing-veldtog met verskeie projekte en fondsinsamelings om die finale balans vir die oprigting van die fabriek teen einde Oktober 2020 in te samel.

Lees gerus meer hieroor by www.inaniswf.org


Kontak my gerus indien jy enige navrae het.

Groete,
Yolandi van der Wath
082 325 3053

Share to Facebook Share to Facebook Share to Twitter Share to Twitter Forward email Forward email


You received this email because we thought you might be interested.

Unsubscribe
MailerLite