Nuwe reeks
Op 1 April begin ons met 'n nuwe reeks oordenkings, In Praktyk. Dis gebaseer op 'n kursus met dieselfde naam van 'n paar jaar gelede, maar die direkte aanleiding is terugvoer wat ek ontvang het oor Padlangs-lesers se behoeftes. Praktiese kwessies was van belang en praktiese kwessies is wat ons sal bespreek. Trouens, dis die mees praktiese oordenkings wat ek al ooit geskryf het - dit gaan letterlik oor ons eet en drink, die verkeer, jou humeur, die media, politiek, stres, werk en vele meer. Ek wonder werklik hoe dit ontvang sal word, maar na 'n maand of wat sal ons dit evalueer. Om meer oor "In Praktyk" te lees, kliek hier.
|