Hallo, weereens!
Ek val sommer dadelik weg. Ons het aan die begin van die jaar 'n paar honderd nuwe lede ontvang en dis lekker om te sien hoe hulle saamlees en reageer. Vir hulle onthalwe (en vir almal s'n) wil ek so 'n bietjie agtergrond gee oor wie ons is en wat ons doen.
Wie is ons?
Ek - Jimi le Roux - is 'n leraar wat 20 jaar in gemeentes bedien het. Mettertyd het 'n internet bediening ontwikkel, wat ons steeds "Padlangs Bediening" noem. Die laaste 12 jaar doen ons dit voltyds en tans is ons al 'n span van vyf. Om meer te lees oor wie ons is en waar ons staan, kliek hier.
Wat doen ons?
Padlangs Bediening doen hoofsaaklik die volgende:
- OORDENKINGS. Ons oordenkings, DAAGLIKSE STILTE, gaan aan duisende lesers per e-pos, in Afrikaans en Engels, en is ook beskikbaar op Facebook en in 'n oudio-formaat op WhatsApp. Ons glo 'n dagstukkie kan 'n egte daaglikse stiltetyd uitmaak. Ons huidige reeks, Wesenlike Woord, beweeg deur die bekendste en "beste" verse in die Bybel. Verskeie van ons reekse het reeds in boekvorm verskyn en hierdie jaar word weer een uitgegee.
|