Ten slotte
Na aanleiding van die hofsake wat tans aan die gang is teen mense wat Afrikaanse tydskrifte in PDF-formaat op WhatsApp versprei (wat tot die tydskrifte se ondergang sal lei), wou ek net byvoeg dat ons dagstukkies wel "wyslik" aangestuur mag word (soos dit is, nie verander nie), maar dat ons kursusse, waardeur ons bediening befonds word, geheel en al nie op 'n lys af aangestuur mag word nie. Dit sou 'n ernstige oortreding wees. As jy hier en daar 'n kursusdeel vir iemand wil stuur wat dalk 'n behoefte het, maak dit nie saak nie (en maak asb. ons bediening bekend), maar ons glo dat die Here ons tot by hierdie volhoubare manier van befondsing (en oorlewing) gelei het. Dankie dat jy ons hiermee help! Vra gerus vrae in die verband, ons probeer altyd tegemoetkomend wees.
Dis genoeg vir vandag. Mag Februarie vir jou nie TE warm wees nie en mag jy vreugde in die Here vind.
Baie seën!
Jimi en Maryke
|