Ten slotte
1. Seën ons bediening jou? Laat dan vir ons weet! 'n Bediening se "sukses" (dis nie eintlik die regte woord nie) word nie eintlik kwantitatief gemeet nie, maar kwalitatief. Nie in rand-en-sent of aantal inskrywings nie, maar in terugvoer, getuienisse, hart-stories. DIS waar jy weet of die Here ons seën. Dis hoekom elke mooi briefie vir ons so kosbaar is. As ons soms wonder of ons ooit die doel bereik, bemoedig sulke briefies ons altyd. Ja, skryf gerus (en asseblief)!
2. Dit was nodig dat Maryke weer voltyds moes gaan werk, in ons huidige ekonomiese klimaat, en die Here het vir haar 'n werk gegee - op presies die regte tyd. Ek doen egter nou Padlangs se admin self, wat nogal ure verg, en hoop ek laat nie te veel pap op die grond val nie! Daar was egter geen ander opsie nie. Jou ondersteuning is egter steeds nodig en word só waardeer - dankie daarvoor!
3. Dankie, ten slotte, aan elke vriend en vennoot, vir jou saamstap met ons op die geestelike pad. Ons bemoedig en versterk en seën mekaar. Ons deel die vreugde en die leed. Laat weet gerus hoe dit gaan en waarvoor ons kan bid. Bid ook vir ons!
Beste wense en baie seën!
Jimi en Maryke
|