Ten slotte
Sowel ons huidige reeks dagstukkies, Leer by die Leiers, en ons "vlagskip"-kursus, Veertig Vroue, maak in Oktober klaar. Ek sal egter volgende maand gesels oor waarmee ons daarna sal begin. Veertig Vroue was baie gewild - onthou, jy kan dit altyd nog bestel, kliek hier vir meer inligting.
Baie dankie, liewe vriend en vennoot, vir jou saamstap met ons op die geestelike reis! Dankie spesifiek vir elke geselsbriefie, kursusganger en bydraer. Ja, laat weet hoe dit gaan en waar in die wêreld jy jou bevind! Ons bid gereeld vir julle, bid asb. ook vir ons!
Beste wense en baie seën!
Jimi en Maryke
|