Die 'Village' Projek
So kan julle as geloofsgemeenskap 'n verskil maak.
Dié projek mobiliseer individue of klein groepe binne in geloofsgemeenskappe om in hul onmiddelike omgewing kleuterskole (of ECD’s) te ondersteun. Dit is hier waar ek jou graag wil uitnooi om betrokke te raak.
Ons as geloofsgemeenskap moet toesien dat hierdie kindertjies ‘n gelyke kans in die lewe kry. Daardie outjies wat nie vir hulself kan kies nie en heel moontlik in ‘n ouerhuis grootword met daaglikse uitdagings om letterlik en figuurlik die pot aan die kook te hou - na hulle moet ons omsien.
In Mattheus 25:35 - 40 het Jesus verduidelik dat ons geoordeel word volgens die ontferming wat ons bewys:
35 “Want toe ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink ...”
37 Daarop het dié wat God se wil uitgevoer het Hom geantwoord: ‘Maar wanneer het ons U dan honger gesien, en vir U kos gegee?...’
40 En die Koning sal vir hulle antwoord: ‘Ek verseker julle; as jul iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het, selfs al was dit vir een van die heel eenvoudigstes onder hulle, het julle dit vir My gedoen.’
|